Taalverandering

Taalverandering is die manier waarop die fonetiese, morfologiese, semantiese, sintaktiese en ander kenmerke van ʼn taal met die verloop van tyd verander. Alle tale verander voortdurend. Op enige gegewe tydstip bestaan daar ook binne Afrikaans variasies, wat bekend staan as sinchroniese variasie. Die veranderings wat ʼn taal met die tyd ondergaan word diachroniese variasie genoem. Taalveranderinge word in die rigtings historiese, vergelykende en kontrastiewe taalkunde asook sosiolinguistiek bestudeer. Taalhistorici bestudeer hoe ʼn taal in die verlede gepraat is en poog om te verklaar hoe huidige tale daaruit voortgevloei het, en hoe die tale onderling verwant is. Sosiolinguistiek is weer meer geïnteresseerd in die oorsprong van taalveranderings en probeer verklaar hoe die gemeenskap en maatskaplike veranderings die taal beïnvloed het. Taalrekonstruksie probeer om uit die huidige tale en historiese gegewens vroeëre tale te herkonstrueer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search